Russiese vliegdekskip ''Admiral Koeznetsof''

Russiese vliegdekskip ''Admiral Koeznetsof''
Naam Admiral Koeznetsof
Klas en tipe Swaar vliegdekskip
Besteldatum 3 Maart 1981
Bouers Nikolajef-Suid (Swartseewerf)
Gebruik deur Russiese Vloot
Boudatum 1982–1985
Datum neergelê 1 April 1982
Te water lating 6 Desember 1985
Aantal voltooi 1
In diens gestel 20 Januarie 1991
In gebruik 1
Lot Ondergaan tans herstelwerk
Verplasing 58 600 ton (volvrag)
Lengte 305 m (vliegdek)
270 m (waterlyn)
Wydte 72 m (vliegdek)
35 m (waterlyn)
Diepgang 10 m
Spoed 29 kn (54 km/h)
Bemanning 1 690 (skip)
626 (lugvleuel)
Die dekopset het drie lanseerposisies vir vastevlerkvliegtuie.

Admiral Flota Sowjetskowo Sojoeza Koeznetsof (Russies: Адмира́л фло́та Сове́тского Сою́за Кузнецо́в} "Admiraal van die Vloot van die Sowjetunie Koeznetsof") is 'n vliegtuigkruiser (swaar vliegdekskip, missielkruiser, of TAVKR in die Russiese klassifikasie) wat dien as die vlagskip van die Russiese Vloot. Hy is gebou deur die Swartseewerf, die enigste vervaardiger van die Sowjet-vliegdekskepe, in Nikolajef in die Oekraïense Sosialistiese Sowjetrepubliek. Die aanvanklike naam van die skip was Riga; gelanseer as die Leonid Brezjnef, seeproewe begin as Tbilisi, en uiteindelik dra dit die naam Admiral Flota Sowjetskowo Sojoeza Koeznetsof.[1] Die skip is vernoem na die admiraal van die Sowjetvloot Nikolai Gerasimowitsj Koeznetsof.

  1. Sovetskii Avianostsy, S.Balakin & V.Zablotskiy, Moskou 2007

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy